Alfa-Eden Opvoedingsentrum

Go to content

Main menu

ONS VISIE:

Ons visie is om ‘n opvoedingsentrum met Christus as middelpunt, daar te stel in die Moot.  Hier kan leerders hulleself, ander en die wêreld rondom hulle met selfvertroue ontdek, terwyl hulle fisiek en emosioneël veilig en gelukkig voel.  Ons missie sluit ‘n gestruktureerde program in vir die optimale ontwikkeling van elke leerder en kundige personeel wat holistiese ontwikkeling fasiliteer, asook ‘n natuurlike speelterrein wat verdere ontwikkeling bevorder.

ONS MISSIE:

Ons missie sluit toegewyde personeel in om u kind met liefde en respek te begelei in sy/haar ontwikkeling as gebalanseerde, gelukkige, positiewe en lewenslustige kleuter.  Ons streef daarna om ‘n ideale omgewing binne en buite die klaskamer te skep deur ‘n uitnemende kurrikulum met ‘n Christelike grondslag te volg en ‘n natuurlike speelterrein waar kinderontwikkeling die uitleg bepaal.


Back to content | Back to main menu